Meer as 105 verdagtes is vir verkeersoortredings en oortredings van die Wet op Tweedehandse Goedere tydens die optredes in hegtenis geneem. Foto: SAPD


Polisiepogings om misdaad te verminder en kriminele elemente in die provinsie te verwyder, werp steeds vrugte af. Daar is meer as 800 mense in een week in hegtenis geneem is.

Al vyf distrikte in die Vrystaat het aan ’n hoëdigtheid, multi-dissiplinêre operasie deelgeneem. Dit is deur intelligensie-gedrewe inligting gerugsteun om te verseker dat misdadigers aangekla word.

Daar is tydens hierdie operasies in Namahadi en Meloding beslag gelê op twee vuurwapens.

In die stryd teen dwelmmisbruik het die polisie met die hulp van die gemeenskappe daarin geslaag om agt verdagtes vir handel in dwelms en vyftig vir besit van dwlems in hegtenis geneem. Daar is dwelms soos kokaïen, dagga, crystal meth, nyaope en mandrax in hul besit gevind. Agt verdagtes is vir rooftogte in hegtenis geneem en 37 is aangekla vir die besit van gevaarlike wapens.

Twee verdagtes is vir verkragting, en 125 is vir aanranding in hegtenis geneem.

In Maokeng Kroonstad het die SAPD stasiebevelvoerder ’n sagte benadering gebruik deur ’n Imbizo te hou waar hulle inligting met die plaaslike inwoners gedeel het.

’n Voertuig is gesteel en kort daarna teruggevind, met vyf verdagtes wat in Mangaung, Bloemfontein, in hegtenis geneem is. Dertien mense is in hegtenis geneem vir bestuur terwyl hulle onder die invloed was, terwyl 66 mense in hegtenis geneem is omdat hulle onwettig in die land was.

Misdaadbekampingsoperasies het ’n enorme impak op die stabilisering van gemeenskappe gehad. Skade aan infrastruktuur word as een van die prioriteitsmisdade in die provinsie geplaas, en dit het gelei het tot die herwinning van koperkabels. Agt verdagtes vir roof is aangehou en 29 verdagtes is vir inbrake in hegtenis geneem, terwyl 14 verdagtes aangekeer is vir opsetlike saakbeskadiging.

Die polisie het verder 351 verdagtes tydens opsporingsoperasies oor die vyf distrikte van die provinsie heen in hegtenis geneem.

Meer as 105 verdagtes is vir verkeersoortredings en oortredings van die Wet op Tweedehandse Goedere tydens die optredes in hegtenis geneem.

Lt-gen. Baile Motsoenyane, Vrystaatse Provinsiale Kommissaris, het lede aangemoedig om voort te gaan om die belange van die publiek wat hulle dien eerste te stel. “Dit het stadigaan ’n positiewe rimpeleffek namate die gemeenskap vertroue in hul polisiediens herwin. Ons kan nie hierdie stryd wen sonder die betrokkenheid van ons gemeenskappe nie. Die polisie sal voortgaan met hierdie skoonmaakaksie, Shanela,” het lt.genl Motswenyane gesê.

You need to be Logged In to leave a comment.