Meer as 10 000 mense is deursoek, 4 820 voertuie is deursoek tydens opsporings- en hoëdigtheidpatrollies in die Vrystaat.Foto: SAPD


Die polisie in die Vrystaat het meer as 1 200 verdagtes inhegtenis geneem tydens ’n multi-dissiplinêre optrede tussen 18 Junie en 2 Julie.

Misdade soos die besit van onwettige vuurwapens, moord, verkragting, motor- en vragmotorkapings, rooftogte soos intransito is ondersoek. Die polisie het ook verdagtes opgespoor, wat gesoek word vir misdade soos geslagsgebaseerde geweld, moord van vroue, beskadiging van infrastruktuur en veediefstal.

Meer as 10 000 mense en 4 820 voertuie is deursoek.

Hulle het ook 46 mense inhegtenis geneem vir die besit van gevaarlike wapens, 8 vir die besit van ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie, 18 vir handel in dwelms, 267 vir aanranding, 17 vir rooftogte, 62 vir inbrake, 3 vir motorkapings, 7 vir verkragting, 3 vir moord, 7 vir poging tot moord, 62 vir inbrake, 38 vir bestuur terwyl onder die invloed van drank was. Die polisie het ook 85 onwettige immigrante inhegtenis geneem en 402 verdagtes waarvoor daar lasbriewe uitgereik was is vir verskillende misdade.

Die polisie het ook skrootwerwe en tweedehandse winkels besoek, waar verskeie verdagtes inhegtenis geneem is. Verkeersbeamptes het boetes uitgereik waar bevind is dat bestuurders die verkeerswet oortree het.

Daar is ook op dwelms soos nyaope, chrystal meth en Mandrax beslag gelê.

Twee gesteelde voertuie is teruggevind en verdagtes is in hegtenis geneem.

Verhoogde landelike veiligheidsoperasies is uitgevoer waar plaaspatrollies verskerp is en verdagte mense en voertuie is deursoek.

You need to be Logged In to leave a comment.