Die multi-dissiplinêre operasie, Shanela dien misdaad ’n knou toe en die polisie gaan voort met sy greep op misdaad in die Vrystaat.
Daar is 28 verdagtes vir die besit van gevaarlike wapens in hegtenis geneem en 60 ander verdagtes is vir dwelmverwante misdade in hegtenis geneem.
Die gesamentlike operasie het ook 18 verdagtes vir opsetlike saakbeskadiging, 15 vir huisbraak, 10 vir moord, 52 vir aanranding en 16 vir verkragting vasgevat.
Begin November het die operasie verskeie suksesse behaal.
Daar is een verdagte vir die besit van ’n ongelisensieerde vuurwapen en vir die onwettige besit van ammunisie inhegtenis geneem.
Onwettige mynbedrywighede is ook ’n vuishou toegedien en 70 verdagtes is in hegtenis geneem. Die SAPD het op gouddraende materiaal beslag gelê asook toerusting wat deur zama zamas vir onwettige mynbou gebruik word. Tydens Shanela is dwelms soos dagga, Mandrax, Crystal meth, nyaope, CAT en kokaine by verdagtes gevind nadat padversperrings uitgevoer is.
Vyftien verdagtes is vir die oortreding van die verkeerswet in hegtenis geneem.