Die polisie in Wesselsbron het op Vrydag 26 Januarie as deel van ’n bewusmakingsveldtog soektogte vir dwelms, gevaarlike wapens en onwettige vuurwapens gedoen.
Die polisie het ook sakepersele en tavernes besoek om polisiesigbaarheid in Monyakeng, Wesselsbron SSK en die boeregemeenskap te verseker.