Brig. Mzondi Mojafi en lt. kol Kemane Lekitlane waarsku tienermeisies om nie snags in Monyakeng te loop nie.Foto: SAPD


As deel van die voortdurende polisie optrede Shanela, het die polisie in Wesselsbron ’n bewusmakingsaksie gehou.

“Nog stewels op die grond om Wesselsbron en Monyakeng Kasi blou te verf” was die tema van die nag.

Die optrede was op 26 Januarie van 20:00 tot 04:00.

Opsoek na dwelms, gevaarlike wapens, onwettige vuurwapens, het die polisie stop-en-soek-optredes gehou. Hulle het ook sakepersele en tavernes besoek om polisiesigbaarheid in Monyakeng, Wesselsbron SSK en die boeregemeenskap te verseker.

Die operasionele bevelvoerder was lt. kol Kemane Lekitlane, stasiebevelvoerder van Wesselsbron, en die algehele bevelvoerder was brig. Mzondi Mojafi, die adjunk-distriks kommissaris.

SAPD-lede betrokke was Welkom K9-eenheid, Wesselsbron Sigbare Polisiëring, Odendaalsrus Sigbare Polisiëring, Lejweleputswa Distrik Operasionele Bevelsentrum en Departement van Binnelandse Sake.

.

You need to be Logged In to leave a comment.