In ’n magsvertoon om die onwettige aktiwiteite in en om Ventersburg te bekamp, het die Lejweleputswa-polisie ’n gesamentlike operasie in die dorp gehou.
Die waarnemende distrikskommissaris van Lejweleputswa, brig. Envor Solomon, het die operasie op Vrydag 10 November gelei.
Eiendomsmisdade, beweging van vee, dwelmhandel en onwettige immigrasie is onder andere geteiken, en die eenhede wat deelgeneem het was vir sigbare polisiëring, openbare-orde-polisiëring, voertuigmisdaadondersoek, en die Odendaalsrus-veediefstal- en bedreigde spesieseenheid. Die departement van binnelandse sake het hand bygesit met die bekamping van onwettige immigrasie.
Die polisie het 163 voertuie deursoek en 432 mense gekeur. Hulle het ook 18 onwettige immigrante in hegtenis geneem, en ook ’n verdagte gevang vir die besit van vermoedelik gesteelde eiendom (mediese tablette).
Hy het probeer om die polisielede met R280 om te koop.
Die polisie het op groot hoeveelhede tablette beslag gelê die omkoopgeld ook gekonfiskeer.