Polisie arresteer 523 mense in die Vrystaat

Die polisie in die Vrystaat het van 11 tot 18 Junie altesaam 523 mense vir verskeie misdade in hegtenis geneem tydens die weeklikse misdaadvoorkomings optredes.


Die polisie in die Vrystaat het van 11 tot 18 Junie altesaam 523 mense vir verskeie misdade in hegtenis geneem tydens die weeklikse misdaadvoorkomings optredes.

Hierdie 523 mense het hulself teen die reg vasgeloop met eiendom verwante misdaad, kontakmisdade en ander ernstige misdaad.

Drie mense is in hegtenis geneem vir moord, sewe vir poging tot moord, vyf vir huisroof, een vir sakeroof, 83 vir aanranding met die doel om ernstig te beseer en 47 vir gewone aanranding.

In die poging om gevaarlike wapens uit die strate te verwyder, is 29 mense gearresteer weens die besit van ’n gevaarlike wapen.

Die polisie het ook 225 gelisensieerde drankafsetpunte besoek, waar voldoeningsinspeksies uitgevoer is.

Altesaam 777 plase is besoek om nakoming van arbeidswetgewing te verseker, wat ook sigbaarheid in landelike gebiede verhoog het. Hiermee saam is ook 92 spaza-winkels is besoek om nakoming van arbeidswetgewing te verseker.

Tydens besoeke aan 34 tweedehandse handelaars is vyf kennisgewings uitgereik. In die stryd teen die maatskaplike euwels van dwelmverwante misdade het die polisie 50 mense vir dwelmverwante misdade gearresteer.

Tydens hierdie optredes oor die provinsie heen, is 34 mense ook in hegtenis geneem vir bestuur onder die invloed van drank.

Die polisie het 45 onwettige immigrante en 27 gesoekte verdagtes in hegtenis geneem.

In die provinsie het polisie-lede 172 persele, 4 497 mense en 1 773 voertuie deursoek deur onder meer padblokkades en normale roetine-misdaadvoorkomingsoptredes.

You need to be Logged In to leave a comment.