Die Rovers-klub se chalets is ook onder die loep. Foto: Rooms for Africa


Die Matjhabeng-munisipaliteit beoog om ten minste agt publieke sportfasiliteite in Welkom, Riebeeckstad, Hennenman en Virginia vir huurders (lang- en korttermyn) te verkry.

Dit sal die Welkom-klub, Rovers-klub, Griffons-stadion, Harvinia-sportgronde, Riebeeckstad-sportkompleks, Odendaalsrus-tennisbane, Hennenman-sportkompleks en die Hennenman-rolbalklubhuis en -bane, insluit.

By Rovers word verskeie sportsoorte soos rugby, krieket, netbal, rolbal, muurbal, tennis, sokker, hokkie gespeel, met woonstelle en chalets daar gelëe.

Die Welkom-klub huisves rolbal, ’n private gimnasium, tennisakademie, muurbal, rugby, die Lejweleputswa-fiksheidklub, paaldans, ’n hoof-kroeg en ’n dames-kroeg.

By die Riebeeckstad-sportkompleks is daar ’n gholfdryfbaan, muurbal, rolbal en die Riebeeckstad-duiweklub.

By die ou verkeersafdeling is daar ’n kroeg (Guppies Bar) en die ontspanningsaal en by die Welkom-swembad is die tuiste van Welkom Multi-Sport.

Die munisipaliteit het twee individuele aanbode vir huurooreenkomste vir die Harvinia-sportvelde en die Riebeeckstad-gholfdryfbaan reeds ontvang.

Die mosie sal Dinsdag, 30 Januarie, voor die raad ingedien word. Die raadsvergadering begin om 15:00 by die munisipale raadsaal.

You need to be Logged In to leave a comment.