Plaaslike jeug internasionaal erken

Die Goudveld-kunsteakademie (GKA) het nie net drie spesiale eerbewyse tydens die internationale Stars of the Universe-kompetisie opgelewer nie, maar dié kunsskool se leerlinge het ook 16 goue medaljes in dié kompetisie verwerf.


Ryan Martin (gr. 10) se fotografie het ’n tweede plek in die senior afdeling internasionaal behaal.

Amy Castro (gr. 7) het ’n tweede plek in die junior afdeling internasionaal behaal.

Die Goudveld-kunsteakademie (GKA) het nie net drie spesiale eerbewyse tydens die internationale Stars of the Universe-kompetisie opgelewer nie, maar dié kunsskool se leerlinge het ook 16 goue medaljes in dié kompetisie verwerf.

Inskrywings vir die kompetisie moes teen 20 Desember ingedien word en die uitslae is op 16 Januarie bekend gemaak, waarna die spesiale toekennings op 27 Januarie bekend gemaak is.

Amy Castro wen ? tweede plek in die wêreld in die junior kreatiewe kunste-afdeling vir haar tekening, Ryan Martin wen ? tweede plek in die wêreld in die senior kreatiewe kunste-kategorie vir sy fotografie en Melissa Ross wen die senior kreatiewe kunste-kategorie vir haar skets.

Dié deelnemers het ook Suid-Afrikaanse kleure vir hul kuns verwerf.

Voor die internasionale deelname, tydens die eerste ronde (nasionaal), het Ryan Martin ook ’n spesiale eerbewys (top vyf in Suid-Afrika) gekry.

Die GKA se kunsskool het tydens 2022, 25 kunswerke ingeskryf vir Talent Africa se nasionale ronde onder die kreatiewe kunste-afdeling wat tekenkuns, skilderkuns, fotografie en beeldhoukuns insluit.

Hier verower hulle vier diamant-, 14 platinum-, ses goue en een brons-eerbwyse.

Vyf van die juniors en vier van die seniors is as die top vyf van Suid-Afrika aangewys.

Christine Bekker wen die junior kreatiewe kunste-afdeling en Lené van Lingen wen die beste tegniek in die junior kreatiewe kunste-afdeling.

Ryan Martin, Cadi Fourie en Melissa Ross is leerlinge aan die Goudveld-Hoërskool wat onder die top vyf in Suid-Afrika eindig in die senior kreatiewe kunste-afdeling.

Josh Hewitt het die eerbewys vir die beste konsep ontvang in die senior kreatiewe kunste-afdeling en Melissa Ross deel die eerbewys vir beste senior in die kreatiewe kunste-afdeling.

Deelnemers kon in verskillende afdelings deelneem in hul provinsie.

Die topkandidate het dan deurgedring na die nasionale deelname. Die land se topkunstenaars neem daarna internasionaal deel aan die Stars of the Universe-kompetisie.

Die familie van kunstenaars sluit onder meer in: akteurs, dansers, instrumentaliste, modelle, sangers, kunstenaars en fotograwe.

Met die Stars of the Universe se ronde skryf die GKA 16 werke in die kreatiewe kunste-afdeling, wat tekenkuns, skilderkuns, fotografie en beeldhoukuns insluit.

Van die 16 kunswerke ontvang hulle 16 goue medaljes.

Die kunstenaars het digitaal hulle werke ingedien.

Met die eerste ronde (Talent Africa, nasionale ronde) het hulle provinsiale kleure verwerf en met die tweede ronde (Stars of the Universe) het hulle hul nasionale kleure verwerf.

Deelnemers wat goud of beter eerbewyse ontvang het, het outomaties na die wêreld kompetisie deurgedring.

You need to be Logged In to leave a comment.