‘n Skouspel van dans en swier wag op Goudvelders wanneer ongeveer 90 dansers op 23 en 24 Mei by die Goldfields Casino in die konferensiesaal gaan optree.


Die twee dae lange dansproduksie is die tiende herdenking van die Dance Connection Studio wat al dansers opgelewer het wat in die buiteland meegeding het.
Die danskompetsie wat as Top Hat bekend staan, dien as kwalifisering vir provinsiale, nasionale en wêreldkampioenskappe. Verskeie dansers uit dié dansskool het Suid-Afrika in die Disco Worlds verteenwoordig en het ook reeds gekwalifiseer vir vanjaar se Worlds in Freestyle en Disco-danskompetisie.
Die dansstyle wat gesien kan word is Modern, Acro, Contemporary, Hip Hop, Afro Fusion, Ariel Acro, Freestyle en Disco.
Daar is drie vertonings: 23 Mei om 18:30, en 24 Mei om 11:00 en 19:00. Tydens pouses is daar verversings te koop aangebied.
Bel Yolandie Steenkamp by 082 300 5117 om kaartjies te koop.
You must be logged in to post a comment.