’n Pastoor (67) van Odendaalsrus word van die verkragting van ’n minderjarige meisie aangekla.
Sy vrou word daarvan aangekla dat sy van die voorval kennis gedra het, maar versuim het om dit by die owerhede aan te meld.
Die egpaar is reeds besig om aansoek te doen om borgtog in ’n dieremishandelingsaak waarin ’n varkhond meer as 50 keer met messe gesteek en as gevolg van die voorval dood is.
Die egpaar het na bewering ook die hond se eienaar tydens die aanval op die hond aangerand terwyl sy probeer het om haar troeteldier te beskerm. Sy het op ’n stadium bo-op die hond gaan lê.
Die egpaar het op 25 September saam in die hof verskyn, waar die nuwe aanklagtes (verkragting en versuim om die seksuele aanranding van ’n minderjarige aan te meld) by die bestaande aanklagte van aanranding en dieremishandeling gevoeg is.
Tydens die egpaar se vorige verskyning in die hof is die saak uitgestel sodat hul adresse deur die polisie bevestig kon word.
In die lig van die nuwe verwikkeling, het die egpaar besluit om nie vir borgtog aansoek te doen nie.
Die saak is tot 30 Oktober uitgestel.
Altwee bly in aanhouding.