. Op 1 November sal ’n standaard Suid-Afrikaanse paspoort die aansoeker 50% meer uit die sak jaag.
. Die prys van ’n maksi-paspoort met 48 bladsye sal R2 400 kos.
. Paspoorte vir gereelde reisigers sal in prys verdubbel.
. Die huidige, laer pryse vir enige paspoortaansoek geld tot einde Oktober.
_________________________________________________
Sommige Suid-Afrikaanse paspoorte sal van 1 November dubbeld kos as wat aansoekers tot einde Oktober betaal het.
Dit is luidens ’n amptelike kennisgewing van die minister van binnelandse sake, Aaron Motsoaledi, in Donderdag se Staatskoerant.
’n Standaardpaspoort van 32 bladsye vir volwassenes en kinders sal tot R600 styg. Sedert vroeg 2011 het só paspoort R400 gekos.
Die groot sprong is in die prys van ’n maksi-paspoort (48 bladsye), wat deur gereelde reisigers gebruik word en sal dan R1 200 kos. Hierdie paspoorte word veral deur sakelui gebruik.
Hierdie paspoorte sal nou R1 200 kos. Dit het voorheen ’n premie van 50% gedra, in ooreenstemming met sy bykomende aantal bladsye.
Vir aansoeke by ambassades of konsulate buite Suid-Afrika word die pryse verdubbel na R1 200 vir ’n standaardpaspoort vir ’n volwassene of kind, en R2 400 vir die maksimum grootte paspoort.