Mika Kruger (links) en Nina Schonken, twee leerlinge aan die Goudveld-Hoërskool, het vir die Disco-wêreldbyeenkoms vir 2023 in die Tsjeggiese Republiek gekwalifiseer. Die twee dansers gaan hul Protea-kleure ontvang. Nina het haar provinsiale kleure in Rock and Roll en Disco Small Groups gekry. Sy het ook haar Protea-kleure verwerf om aan die wêreldbyeenkoms vir laasgenoemde deel te neem en het gekwalifiseer vir Protea-kleure in die 2023-wêreldbyeenkoms in Freestyle wat van 23 tot 25 Junie in Blackpool aangebied word. Mika het haar provinsiale kleure in Disco Small Groups verwerf, asook haar Protea-kleure hierin. Sy kwalifiseer daarom vir Protea-kleure in die wêreld­byeenkoms hiervoor in die Tsjeggiese Republiek. Foto: Verskaf