Die 21ste Vista-Mediclinic-padwedloop is hier

Die 21ste Vista-Mediclinic-padwedloop is om die draai, en voorbereidings is goed op dreef vir die groot dag.


Die nuut ontwerpte medaljes?–?5km (vrouens alleenl

Die nuut ontwerpte medaljes?–?5km (vrouens alleenlik) en Ope 5km (mans en vrouens)
Die nuut ontwerpte trofee

Die nuut ontwerpte trofee

Die 21ste Vista-Mediclinic-padwedloop is om die draai, en voorbereidings is goed op dreef vir die groot dag.

Vanjaar se leuse, “Teamwork makes dreamwork,” weerklink die suksesstorie van die opwindende wedloop oor die 21 jaar heen.

Op 25 Augustus vind die verskillende wedlope van hierdie jaarlikse baken in die Goudveld se hardloopdagboek plaas.

Dit bestaan ??uit verskillende wedlope insluitend “In Her honour,”Race Walk of Joy”en “RaceWalk of Love ter ere van die vrou en haar gesin.

“Daar is baie pryse op die spel en opwinding wag op deelnemers wat aan enig

Medal 100m Toddler's race/ 1.5km Girls & Boys / 1,

Medal 100m Toddler’s race/ 1.5km Girls & Boys / 1,5km Wheelchair Disabled Race / 1.5km Master’s (Ladies & Men) 60+years

e van die verskillende afstande deelneem wat aangebied word,” sê Hilde du Plessis, sameroeper van die wedlope.

Die jaarlikse padwedlope maak voorsiening van ’n 1,5 km-roete vir kinders tussen sewe tot 15 jaar (R30 inskrywingsgelde); Meesters 60+ jaar (R50 inskrywingsgelde); ’n 5 km-lange pretloop slegs vir vroue (R70 inskrywingsgelde); en die nuwe, uitdagende 5 km-lange roete vir mans en vroue om saam met vriende en familielede aan te pak.

Die nuut ontwerpte trofee

Daar is ook ’n rolstoelwedren vir gestremdes een R30 per deelnemer. Hier kan deelnemers individueel deelneem of deur ’n familielid of vriend bygestaan ??word om die 1,5 km te voltooi.

Inskrywingsvorms en inskrywings kan met die hand by die aangewese inskrywingslokale ingedien word, of dit kan op die webwerf entryninja.com voltooi word.

Inskrywings kan ook op 22, 23 en 24 Augustus by Virgin Active vanaf 14:00 tot 19:00, en op die dag van die geleentheid vanaf 09:00 tot 15 min voor die wedren, by Mediclinic voltooi word.

“Gaan die uitdaging aan en motiveer jou kollega en sakevennote om in te skryf. Met die bekende Capital Sounds in ons midde is hope opwinding, vermaak en musiek te verwagte. Moenie die 15 verskillende waterpunte vergeet wat jou deur die wedloop sal motiveer en ondersteun nie,” sê Du Plessis.

Om die 21ste jaar van hierdie gesogte wedren te vier, is daar ’n spesiaal ontwerpte goue medalje te wen vir die hoofrenne, en ook ’n nuutontwerpte medalje vir sommige van die ander wedrenne.

Al die inligting wat belangstellendes benodig.Foto

Al die inligting wat belangstellendes benodig.Foto: Verskaf
nagwedloop

Die inskrywingsvorm.Foto: Verskaf

Die begunstigdes van die wedloop is KANSA, Charlotte Moll Haven en die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBD).

Daar is groot pryse op die spel, insluitend gelukkige trekkings en kontantpryse in sommige van die afdelings.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.