Paasfees maak ons bewus van Hom

Antoinette Schoeman, Riebeeckstad:.


Antoinette Schoeman, Riebeeckstad:

April is gewoonlik die tyd van die jaar waarin ons Paasfees vier. Dit is ook in hierdie maand dat ons by die kruis stilstaan en opnuut van God se onmeetlike en ongelooflike liefde vir ons bewus raak.

Brennan Manning het in The Ragamuffin Gospel geskryf dat dit nie saak maak hoe groot ons dink God se liefde is nie – dit is altyd groter.

Here Jesus, ek loof U vir die Paasvreugde wat my geloof in U vir my bring. Nie net in die Paastyd nie, maar die hele jaar deur.

My grootste droom was nog altyd om Paasfees saam met ’n gesin te vier wat nie die vreugde en betekenis van Paasfees ken nie.

Benewens Paaseiers vir die kinders sal ek vir hulle die mooiste rooi kolwyntjies bak en ’n kersie op elkeen sit met die woorde “my liggie skyn helder op aarde vir Jesus”.

Ek gaan hulle met emmers vol onmeetlike liefde bederf. Ons gaan lofliedere sing, en almal gaan heerlik eet en vrolik wees ter ere van ons Groot Meester.

Ek wil elkeen wat in dié tyd oor my pad kom ’n drukkie gee.

Ek wil my liggie helder laat skyn vir Jesus. Ek weet ek gaan ’n verskil in baie mense se lewe maak.

Dit is die klein dingetjies wat die lewe betekenis gee.

Dit gaan oor God se liefde en versoening en ons liefde vir mekaar. God vra van sy kinders om liefde aan ons naaste en ons vyande te bewys.

’n Geseënde Paasfees vir almal.

Mag die res van die jaar ’n wonderlike, vreugdevolle jaar vir elkeen wees.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.