Die A.G.S. Makarios, Virginia, het pastoor Kobus Vorster as deel van hulle bedieningspan verwelkom. Hy word bygestaan deur sy vrou René


’n Nuwe herderspaar het hulle by die AGS Makarios, Virginia, aangesluit.

Past. Kobus Vorster en sy vrou, René, is oud-inwoners van Welkom wat hulself weer hier kom vestig het.

Vorster het in 1983 tot die voltydse bediening toegetree en het reeds 42 jaar se ervaring.

Met verloop van tyd het hy homself bekwaam op vele terreine en het onder andere die graad BA Hons behaal aan die Universiteit van Johannesburg (UJ).

Gedurende 2014 studeer hy aan die Yezreel Valley College in Israel met Joods–Christenverhoudinge as vakgebied.

In 2017 onderneem hy weer ’n studiereis na Israel en studeer Hebreeus aan die Universiteit van Jerusalem.

Sy groot passie is egter berading.

Hy verwerf later kwalifikasies as internasionale gesondheids- en welstandsafrigter asook loopbaanafrigter.

Alles gebaseer op die “neurocoaching”-metode.

Hierdie kwalifikasies verleen aan Vorster akkreditasie om te help met loopbaanbeplanning en om aanleg te toets.

Verder kwalifiseer hy hom as trauma berader en deurloop hy ’n beradingskursus by die Fuller-opleidingskool in Amerika.

Vorster hanteer enkele bedieningstake in die gemeente, is betrokke by skolebediening en bedryf ’n beradingspreekkamer in Virginia, by die AGS Makarios-gemeente, asook tuis in Welkom.

Hy is geregistreer by die Vereniging vir Ondersteunende Beraders en Holistiese Praktisyns (ASCHP) as spesialis-berader met registrasienommer 896.

Belangstellendes kan Vorster op 082-446-0970 bel of die kerk­kantoor by 079-509-8647.

You need to be Logged In to leave a comment.