Paar moes baba weer begrawe ná lykies omgeruil is

’n Erg getraumatiseerde paartjie van Odendaalsrus wat aan die begin van September hul eersgeborene aan die dood moes afstaan, het nou regsadvies ingewin nadat hulle dié week met skok verneem het dat hulle die verkeerde baba begrawe het.


Agnes Ncaphayi (19) en Daniel Chavango (23) wag voor die lykshuis van die Thusanong-hospitaal op Odendaalsrus om die lyk van hul babaseuntjie in ontvangs te neem nadat hulle tot hul skok ingelig is hulle het die verkeerde baba begrawe.

Marti Will

’n Erg getraumatiseerde paartjie van Odendaalsrus wat aan
die begin van September hul eersgeborene aan die dood moes afstaan, het nou regsadvies ingewin nadat hulle dié week met skok verneem het dat hulle die verkeerde
baba begrawe het.

Agnes Ncaphayi (19) en Daniel Chavango (23) se pas gebore
babaseuntjie is op 3 September in die Thusanong-hospitaal op Odendaalsrus
oorlede, ’n dag nadat hy gebore is.

Die baba se lykie is toe deur ’n hospitaal-amptenaar aan ’n begrafnisondernemer
en die ouers oorhandig.

Die seuntjie is op 5 September begrawe. Nog steeds diep in
rou, is Ncaphayi Woensdag na die hospitaal ontbied waar sy ingelig is dat die verkeerde
lykie aan hulle gegee is en haar dooie babaseuntjie steeds in die hospitaallykshuis
lê. Sy het onmiddellik vir Daniel laat weet.

Hulle kon eers Donderdag hul kind se lykie kry omdat die ouers
van die ander babaseun ook eers in kennis gestel moes word. Daniel het toe nuwe
kis gaan koop en sy babaseuntjie Donderdag begrawe.

“Ek en Agnes is verslae,” sê hy. “Dit is moeilik om te
verwerk. Ons was onder die indruk ons baba is begrawe. Ons is nog in rou en toe
moes ons hoor maar die lyk lê nog in die hospitaal. Dit was verskriklik om sy
lykie te daar te sien.”

Hy en Agnes het ’n prokureur op Odendaalsrus genader, en wil
die hospitaal vir pyn, lyding en trauma dagvaar.

Mondli Mvambi, ’n woordvoerder van die Vrystaatse
gesonheidsdepartement, sê hulle is spyt oor wat gebeur het. “Ons is bewus daar
is ’n probleem en wil nie nou enige van die partye – die ouers,
begrafnisondermemer of amptenaar – blameer nie.

“Interne verhore sal gehou word, en ons sal
verseker dat so ’n fout nie weer gemaak word nie.”

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.