’n Leerling is in hegtenis geneem nadat een van sy ouers ’n onwettige vuurwapen in sy skooltas gevind het.
Kapt. Stephen Thakeng, woordvoerder vir die polisie in Lejweleputswa sê die soektog by die skool het gevolg na die skokontdekking van die ouer. ’n Ongelisensieerde vuurwapen en dwelms is by leerlinge in Welkom gevind.
Die Welkom-polisie het op Dinsdag (02/08) ’n klopjag by skole uitgevoer en beslag gelê op verskeie onwettige goedere. Die polisie het hul kommer oor hierdie ontdekkings uitgespreek. “Ons doen ’n beroep op ouers om te help deur die tasse van hul kinders deur te gaan.
Thakeng sê “dit is duidelik dat die leerlinge dagga by hul onderskeie skole gebruik. Die SAPD sal voortgaan om te verseker dat ons skole veilig en dwelmvry is.”