Marti Will
Nolla Pienaar (95), ‘n jarelange inwoner van Merriespruit, Virginia, is gebore op 20 Julie 1930 op die plaas Josero in die Welgelee-omgewing.
Sy is sekerlik een van die oudste inwoners van dié dorp.
Ouma Nolla, soos sy alombekend is, en haar man Willie Pienaar van Ficksburg, is op 1 Maart 1952 getroud.
Hy het by die St Helena goudmyn in die kantoor gewerk.
Ná hul troue het hulle op die plaas Josero gaan boer. Haar ouers was Piet en Cora Pienaar. Hulle vyf kinders was, Nolla, Piet, Daan, Francis en Jeanette.
Ouma Nolla was eers in die plaas-skool en het haar skoolloopbaan in Kroonstad by die destydse Blouskool voltooi. Ná skool het sy op die plaas gaan help met die boerdery en haar ouers het ook die algemene handelaar in Theunissen besit.
Haar pa en sy broers het ook dele van die plaas Welkom besit tot dit deur die myne gekoop is.
Haar pa het die plaas Weltevrede, ook in die Welgelee-omgewing, gekoop en daar gaan boer.
Sy en haar man, Willie, het drie kinders gehad, Johan, Piet en Christa.
Die kleinkinders is Christelle en Juan en ‘n agterkleinseun, Luan.
Ouma Nolla moes ongelukkig twee seuns in ‘n kort tyd aan die dood af-
staan.
Haar dogter, Christa Erasmus sê Ouma Nolla hou haar besig met naaldwerk waar sy rokkies en handsakke vir die kerk se jaarlikse basaar maak.
Haar ander groot liefde is kinders en daarom pas sy ná skool kinders op.
“Hulle noem haar almal ouma Nolla en kan nie wag om al haar stories te hoor nie. Ons geniet haar stories en al die verhale uit haar kinderdae
“Hulle noem haar almal ouma Nolla en kan nie wag om al haar stories te hoor nie. Ons geniet haar stories en al die verhale uit haar kinderdae.
“Haar geheue is nog baie goed. Die Hemelse Vader kom eerste in haar lewe. Van die Bybel sal jy haar min kan leer, sy leer ons, want sy ken die Bybel baie, baie goed.
“Almal wat by die deur uitstap het huppel in die stap en glimlag,” sê Christa.