Versamelaarsartikels wat op ’n veiling ten bate van Sentraal24 en Volksblad se Kersfonds verkoop gaan word.Foto: Verskaf


’n Aankondiging oor die uitbetaling van Sentraal24 en Volksblad se Kersfonds vir die jaar 2021-’22 word binnekort gedoen.

Daar is vanjaar meer as R700 000 wat aan liefdadigheidsorganisasies uitbetaal gaan word.

Intussen word ook weer ywerig gereël aan ’n veiling ten bate van die fonds wat vir 21 Maart in Bloemfontein aangebied gaan word.

Betsie Roux, voorsitter van die reëlingskomitee en komiteelid van die Kersfonds, sê dié veiling fokus op ’n ver­skeidenheid versamelbare artikels.

Dit gaan weer in die Oorlogsmuseum van die Boererepublieke aangebied word. Die veiling sal om 11:00 begin en besoekers kan reeds om 08:00 na die voorraad kyk.

Skenkings kan nou reeds gedoen word om vanjaar se mooi totaal weer moontlik te maak.

Skenkings aan die Kersfonds kan by die volgende rekening gemaak word:

Volksblad-Kersfonds, Nedbank-rekening 102-891-9980, takkode 117-134.

Stuur afskrif van inbetaling na annemarie@engo.co.za vir erkennings en rekordhouding. Rig navrae oor die veiling aan Roux by 082-413-9275.

Die nuutste erkenningslys van skenkings wat van 1 Desember tot einde Januarie gemaak is, verskyn hier om al die skenkers te bedank:

NG gemeente HarmonieR166;Preller WalkR10 000;The Fitness CornerR600;A le RouxR2 000;AnoniemR1 000;NG kerk NoordhoekR1 793,40;Hester DelportR2 000;NG kerk FauresmithR4 950;NG kerk Kroonheuwel Noord R1 809;Totaal vandag erkenR24 318.40Totaal vir verdeling..R700 000.

You need to be Logged In to leave a comment.