Opwinding wag op veldren-baan

Alle paaie lei Saterdag (05/02) na die Phakisa MX-baan wanneer die eerste ronde van die Vrystaat en Noord-Kaap se veldren-kampioenskap hier aangebied word.


Blade Tilley (nr. 125) in aksie.Foto: Verskaf

’n Groot aantal deelnemers in die 85cc-klas het verlede week (22/01) in Gauteng gery. Hier het Blade Tilley ’n derde plek tussen al die Gautengers behaal. Foto: Verskaf

Alle paaie lei Saterdag (05/02) na die Phakisa MX-baan wanneer die eerste ronde van die Vrystaat en Noord-Kaap se veldren-kampioenskap hier aangebied word.

Motorfietsryers van Johannesburg, Kimberley, Bloemfontein en Welkom gaan in aksie wees, en vanjaar is daar plek vir 2 000 toeskouers.

Motorsport het swaar gekry onder die streng inperkings weens Covid-19 en daar word met groot opgewondenheid na dié wedren uitgesien.

Die oefenrondes begin om 08:00 en die eerste wedrenne omstreeks 10:00.

Die pasafgelope naweek het verskeie mededingers van Gauteng hier kom oefen en goeie wedrenne word verwag.

Die Rotariërs van Odendaalsrus bedryf die kosstalletjie. Toeskouers kan stoele en sambrele bring.

Toegang kos R40 vir volwassenes en kinders jonger as 12 kan gratis na die wedrenne kom kyk.

  • Welkom se eie Suid-Afrikaanse kampioen in die 65cc-afdeling, Blade Tilley (11), neem vanjaar in die 85cc-klas deel en het verlede naweek ’n derde plek in Johannesburg behaal tussen al die Gautengers.

Dit was die eerste keer dat hy in dié klas meegeding het.

Chrystelle Erasmus

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.