Boodskap van die hoof van die Laerskool Odensia,
Piet Odendaal, ná die 2025-aandreeks:
Na afloop van die 26ste suksesvolle Vista Odensia Aandreeks kan ek nie anders as om die woord “dankie” uit te lig nie. The words “thank you” stand out when we are looking back to the 2025 Odensia Night Series. Dankie vir die borge se ondersteuning om dit vir Odensia Primêre Skool moontlik te maak om die Aandreeks aan te bied.
Ek wil veral die personeel van die Laerskool Odensia vir jul opoffering bedank. Julle het verseker dat alles elke dag glad kon verloop. Dankie vir die persone en instansies wat verantwoordelik was vir die stalletjies met al die lekker eet en drinkgoed. Ek is ook dankbaar aan elke ouer en ander toeskouers vir jul ondersteuning. Die ondersteuning van Goudveldgemeenskap was opvallend.

Ons as skool is ook dankbaar aan Marlouw du Plooy en Wentzel vir die lekker opwinding en vermaak voor die finale rugbywedstryd.
Maar sonder die deelnemende skole en die rugby- en netbalspelers sou die reeks ook nie so suksvol kon wees nie.
Aan elke skool, jul spanne, en aan elke rugby- en netbalspeler, sê ek ook dankie vir jul deelname. Julle het baie opwinding verseker.
Congratulations to the winners of each section. The quality of the netball and the rugby was excellent. Talent is certainly not lacking. We enjoyed every game and there were a lot of surprises.
Ons vertrou dat al die spanne die geleentheid gehad het om hulself beter voor te berei vir die ligawedstryde van volgende kwartaal, asook dit geniet het om deel te was van die Odensia Aandreeks.
Ek vertrou dat almal die vyf dae van Laerskool rugby en netbal en die feestelike atmosfeer hier saam met ons geniet het. Ons sien almal weer volgende jaar.