Binne ’n bestek van vier dae is 19 onwettige mynwerkers en immigrante in die Goudvelde in h
Die uitgebreide polisie-optredes wat deel is van OperasieVala uMgodi het tussen Saterdag 14 Desember en Dinsdag plaasgevind.
Dinsdag 17 Desember het die taakgroepe wat die Suid-Afrikaanse Polisiediens, Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag, Departement van Binnelandse Sake en Private Sekuriteitsmaatskappye insluit voort gegaan om elke bedreiging wat deur onwettige mynbou in die Vrystaat Provinsie inhou, te hanteer.
Die span het voet-, motorvoertuie en lug-tot-grond patrollies uitgevoer, en ook ’n hommel-tuig naby Stone & Allied-gebied gebruik.
Twee mans is opgemerk wat besig was met onwettige myn-aktiwiteite. Daar is beslag gelê op ’n wit staalplaat, tuingraaf, wasbakke en gouddraende materiaal wat 30,70 kilogram weeg. Die twee verdagtes van 38 en 45 jaar oud is in hegtenis geneem.
Die operasie het voortgegaan en drie ander mans tussen die ouderdomme van 28 en 30 is in hegtenis geneem. ’n Verdagtes is gevind in besit van gouddraende materiaal wat 27,34 kilogram weeg. Sake van besit van vermoedelik goudhoudende materiaal met bykomende aanklagte van die Wet op Oortreding van Immigrasie is by Welkom-polisiestasie geopen.
Nog ’n man van 46 jaar oud is gekry waar hy besig was om goud te verwerk by G-Hostel in Thabong. Daar is beslag gelê op ’n groen lephenduka en twee gassilinders en gouddraende materiaal. ’n Saak van besit van vermoedelik gouddraende materiaal is by Thabong-polisiestasie geopen.
Drie ongedokumenteerde persone is in Constantiastraat, Thabong, gevind wat drank verkoop terwyl hulle nie lisensies vir die bedryf het nie.
Daar is beslag gelê op 188 liter bier. Hulle het ’n skriftelike waarskuwing ontvang om voor die hof te verskyn.
Saterdag 14 December was lede besig met verskeie patrollies naby die Bronville stortingsterrein waar hulle ’n 39-jarige man gekry het waar hy besig was met onwettige oopgroefmynaktiwiteite. Daar is beslag gelê op gouddraende materiaal wat 55,36 kilogram weeg en goudverwerkingstoerusting. ‘n Saak van besit van vermoedelik goudhoudende materiaal met en bykomende klagte van die Wet op Oortreding van Immigrasie is by Bronville Polisiestasie geopen.
Die operasie het by ARM 6 Ou Skag voortgesit. Daar het hulle ’n 36-jarige man gekry waar hy besig was met onwettige oppervlakmynaktiwiteite. Daar is beslag gelê op gouddraende materiaal wat 46,22 kilogram weeg en verskeie implemente wat gebruik word om onwettige mynbou te doen.
’n Werknemer wat ’n rotsbooroperateur is, is in Kopanang-myn gearresteer. Gouddraende amalgaam is tydens die soektog versteek in sy masker gevind. ’n Saak van sameswering om misdaad te pleeg: hulp aan onwettige mynwerkers met ’n bykomende aanklag van poging tot diefstal van staatsminerale en edelmetale is by Vierfontein-polisiestasie geopen.
Sondag 15 Desember is die optredes by Beatrix-myn in die Kraal-omgewing voortgesit. Vier mans is gekry waar hulle besig was met oopgroef-mynbouaktiwiteite.
Die verdagtes is aangekla en die polisie het beslag gelê op goudhoudende materiaal wat 37,48 kilogram weeg. Die verdagtes tussen 25 en 51 jaar oud is onmiddellik in hegtenis geneem. ’n Saakdossier van die besit van vermoedelik goudhoudende materiaal met bykomende aanklagte van betreding van myngebied en Wet op Oortreding van Immigrasie is by die Theunissen Polisiestasie geopen.
Die operasie is uitgebrei en drie verdagtes van 18, 26 en 43 jaar oud is gekry waar hulle besig was met die verwerking van gouddraende materiaal in G-Hostel Thabong Uitbreiding 4.
Daar is beslag gelê op drie phendukas en verskeie ander implemente wat gebruik word om onwettig goud te vewerk.
Daar is ook beslag gelê op gouddraende materiaal wat 42,60 kilogram weeg.
Die eenhede wat onder die vaandel van Operasie Vala uMgodi werk was ook besig met mensehandelfaktore wat onwettige mynbou beïnvloed. ’n Padblokkade is in Voortrekkerstraat naby Ventersberg aangebring om busse wat na die Goudvelde gery het te deursoek. Altesaam is 23 ongedokumenteerde persone aangekeer.