Daar is 951 verdagtes vir onder meer moord en verkragting verlede week tydens Operasie Shanela in die Vrystaat in hegtenis geneem.
Tydens dié optrede tussen 19 tot 25 Februarie, is 13 verdagtes vir moord en poging tot moord in hegtenis geneem, 9 vir verkragting en poging tot verkragting, 156 vir aanranding met die doel om ernstig te beseer en ook gewone aanranding, 7 vir sakeroof en gewapende roof, 24 vir huisbraak en 4 vir diefstal vanuit ’n motorvoertuig. Verder is 148 onwettige immigrante in hegtenis geneem en 342, vir wie lasbriewe vroeër uitgereik is.
Van die mense wat in hegtenis geneem is, word 187 gesoek vir misdade wat verband hou met aanranding, 10 vir misdade wat verband hou met moord en poging tot moord en nog 10 vir seksverwante misdade. Daar is verder 32 verdagtes vir diefstal, en ander misdade, insluitend dwelmverwante misdade vas getrek.
Dwelms, vuurwapens en tabak is van die goedere wat deur die polisie geskut is, en sal later as bewysstukke in die hof gebruik word. Die vuurwapens sal vir ballistiese ontleding gestuur word.
Die verdagtes sal eersdaags in die hof verskyn.