Operation Val uMgodi operators find an unlicensed firearm in a dishwasher in Bedelia
Operation Val uMgodi operators find an unlicensed firearm in a dishwasher in Bedelia

Operasie Vala uMgodi-operateurs het op Sondag 6 April tydens ‘n misdaadintelligensie-gedrewe optrede in Bedelia, Welkom, ‘n versteekte onwettige vuurwapen gevind en ‘n verdagte in hegtenis geneem.

’n Huis in Falstaffstraat is geïdentifiseer, en die span het gereageer op inligting oor die besit van ‘n ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie.

‘n Soektog by dié huis is gedoen, en ‘n Norinco-9mm-pistool, gelaai met vyf patrone (skerp ammunisie), is in ‘n skottelgoedwasser versteek gevind.

Die polisie het ‘n 30-jarige man in hegtenis geneem. ‘n Saakdossier rakende die besit van ‘n ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie is by die Welkom-polisiekantoor geopen.

You need to be Logged In to leave a comment.