Die polisie het ook goudhoudende materiaal en onwettige myntoersuting gekonfiskeer. Foto: SAPD


Die Lejweleputswa-distrik is een van die fokus-areas in die provinsie wat betref onwettige mynaktiwiteite. Dié area is deur die polisie se operasie Vala Umgodi geoormerk vir opgeskerpte teenwoordigheid.

Hierdie multi-dissiplinêre operasie wat verskillende polisie-eenhede het wat saam met die Airwing en private sektor werk, het die afgelope sewe dae gelei tot die inhegtenisname van ongeveer 35 onwettige immigrante van myndorpe soos Allanridge, Welkom, Virginia, Vierfontein, Bronville en Welkom.

Die polisie het ook goudhoudende materiaal en onwettige myntoersuting gekonfiskeer.

Stop en deursoekings word op verskillende gebiede sowel as voertuigkontrole punte gehou.

Op Dinsdag 12 Maart omstreeks 10:45 het lede, terwyl hulle onwettige mynbedrywighede rondom Virginia uitgevoer het, ses verdagtes tussen die ouderdomme van 20 en 35 jaar oud by ’n plaas in die buitewyke van Virginia gearresteer vir die besit van moontlike goudhoudende materiaal ter waarde van ’n geraamde waarde van R800 000, besit van moontlike goudverwerkingstoerusting en die oortreding van immigrasiewet.

Alle verdagtes wat buitelandse burgers is, het in die Welkom-landdroshof verskyn en hul saak is vir formele borgtogaansoek uitgestel.

Die span help ook met normale misdaadvoorkoming en hou voertuigkontrole punte waar voertuie geprosesseer word en nagegaan word as dit nie gebruik word vir die vervoer van onwettige items soos dwelms en gesteelde goedere nie.

Tydens die operasie is nog 90 mense in hegtenis geneem en in besit van dwelms gevind, gevaarlike wapens, besit van goudhoudende materiaal en onwettige sigarette. Onwettige immigrante is ook in hegtenis geneem.

Die lede het by die Merriespruit-skag beslag gelê op verlate toerusting wat in die onwettige mynaktiwiteite gebruik is.

By Bothaville en Vierfontein het die groep winkeleienaars verras en beslag gelê op onwettige sigarette en verouderde kos.

Een van die huise in G-Hostel, Thabong is besoek nadat lede inligting ontvang het dat dit vir die handel van dwelms en dagga gebruik word.

Operasie Vala Umgodi gaan voort in die gebiede wat onder Lejweleputswa en Moqhaka val.

You need to be Logged In to leave a comment.