• Gaan jou omgewing na voordat jy die huis of die werkplek verlaat. Pasop vir jou omgewing, soek enigiets buitengewoon.
• As jy vermoed dat jy agtervolg is, gaan verby jou huis en ry eerder na ’n motorhuis of polisiestasie.
• Versterk sekuriteit tydens die opening- en sluitingstye van die besigheid.
• Vermy roetine, verander reisroetes wanneer jy van die werk af huis toe ry. Gaan verdagte mense of voertuie na voordat jy die hek by jou huis oopmaak.
Die Goudveld ervaar tans ‘n vlaag ontvoerings van
buitelandse sakelui, tesame met ‘n toenemende aantal hoëprofiel-sakelui wat
slagoffers word van ontvoerders wat hoë lospryse eis.
Daar was ook gevalle van kinders wat uit die strate van
Thabong ontvoer is.
Kapt. Stephen Thakeng, mediaskakelbeampte vir die
Lejweleputswa SAPD, sê die polisiebestuur is bekommerd.
“Maj. Genl Lerato Molale, distrikskommissaris van die
Lejweleputswa SAPD, is diep bekommerd oor hierdie voorvalle en wil sakelui en
kinders op ons strate aanraai om ekstra versigtig te wees,” sê Thakeng.
“Ons doen ’n beroep op inwoners om hulself te polisieer.
Hulle moet waaksaam wees waar hulle ook al is. Kinders moet nie opdragte aanvaar
van mense wat hulle nie ken nie. Hulle moet sulke voorvalle by hul ouers
aanmeld, of wanneer hulle in ’n haglike situasie is, moet hulle om hulp skree
om die aandag van verbygangers te trek.”
Thakeng sê sakelui word óf by hul sakeperseel aangeval óf
wanneer hulle ná werk by die huis aankom.
“In hierdie gevalle sal misdadigers hulle van hul
swaarverdiende kontant beroof,” sê hy.
“Ontvoerders maak staat op jou roetine om jou op te spoor, en soek dan ‘n tyd wanneer jy die kwesbaarste is vir aanvalle,” sê Thakeng.
Die publiek moet kennis neem dat die SAPD se vlieënde groep se nommers verander het.
Die Welkom Flying Squad se nommers is 057-391-9500 of 057-391-9502.
Die Welkom-polisiestasie se nommer is 079-886-5574 en die Thabong-polisienommer is 082-848-8120. In ‘n noodgeval kan lede van die publiek ook 08600-10111 skakel.