Vier dansers van die Vibez-dansstudio in die Goudveld het Suid-Afrika onlangs in Poreç in Kroasië in die wêreldeindronde van die Dance Star-kampioenskapsbyeenkoms verteenwoordig. Meer as 7 000 dansers van oor die wêreld heen het in verskeie style en ouderdomsgroepe meegeding. Lianey Roux deel die derde plek in “lyrical mini solo” (in die mini-afdeling) en Mia Fouché (kinderafdeling) het ’n tweede plek in “children musical theatre solo” verwerf. Mia en Chelsea Joubert het ’n tweede plek in “children acro duet” verwerf. Dominique Joubert het aan die junior afdeling deelgeneem. Die dansers het ook meesterklasse deur bekende choreograwe en dansers, wat deel van die beoordelaarspaneel was, bygewoon