Antoinette Schoeman, Riebeeckstad:
’n Groot en hartlike dankie aan die Matjhabeng- munisipale bestuur en werkers vir die oplaai van die vullissakke in ons straat en, glo ek, baie ander strate en by besighede.
Vir amper vyf weke moes ons gif spuit om wurms, vlieë en rotte weg te hou.
Hoekom, egter, op Saterdae en Sondae? Het Matjhabeng só baie geld vir oortydbetaling?
Ons glo en vertrou dat die nuut gekose eerste burger al die beloftes gaan nakom wat hy skriftelik en verbaal onderneem het om gestand te doen.
Vir weke moes baie gemeenskappe private mense kry om die sakke te verwyder, teen vergoeding. Gaan Matjhabeng ons geld vir ons terugbetaal?
Dit is al baie, baie maande dat ons feitlik geen diens ontvang nie. Julle is wêreldgehalte-kliëntediens aan ons belastingbetalers verskuldig.
Ons maak nou ernstig staat op al die beloftes.