Piet Odendaal, hoof van die Laerskool Odensia, se boodskap ná die aandreeks:
Woorde kan nie die 25ste Vista-Odensia-aandreeks regtig beskryf nie. Dit was een van die lekkerste en warmste aandreekse van die afgelope 25 jaar, ’n positiewe belewenis.
Die ondersteuning van die ouers en die gemeenskap was oorweldigend.
Elk van die vyf dae is gekenmerk deur baie ondersteuners.
Die verskeie stalletjies het die besoekers van lekker eet- en drinkgoed voorsien en het bygedra tot die feestelike atmosfeer.
Die belangrikste was egter die uitstekende rugby en netbal wat gespeel is.
Dit was opvallend hoe goed die spanne voorbereid was en die medediging was uitstekend.
Ek moet ook die afrigters komplimenteer vir hul goeie afrigting, dit was duidelik sigbaar.
Dit is goed om te sien dat die afrigters moeite doen en aan ons kinders goeie afrigting gee.
Die eindstyde was almal uitstekende wedstryde.
Baie dankie aan elke skool vir hulle ondersteuning en geluk aan al die spanne wat hard gewerk het om ’n trofee te verower.
Ek kan nie genoeg dankie sê vir die besighede en mense in die Goudveld-omgewing vir julle ondersteuning nie.
Die jaarlikse geleentheid vir ons kinders kan nie aangebied word sonder borge nie. Duisende dankies.
Dankie aan die personeel van Odensia wat elke dag op hul pos was sodat alles seepglad verloop het.
So saam met die aandreeks moes die kinders nog onderrig ook ontvang.
Julle is staatmakers.
Die skole in die Goudveld en omgewing is nog aan die gang en baie moeite word met ons kinders gedoen.
Ek versoek almal in die Goudveld en omliggende dorpe om ook ’n positief ’n verskil te maak.
Kom ons bou aan die mooi en goeie dinge en verdryf alles wat negatief is.
Kom ons speel en leef voluit.