Die Matjhabeng-plaaslike munisipaliteit is in effek bankrot, en dit kan gesien word in die gehalte van dienslewering waarmee inwoners tevrede moet wees.
“Die ouditeur-generaal se verslag oor die Matjhabeng- plaaslike munisipaliteit se finansiële state vir die 2021-’22-boekjaar het bloot bevestig dat die ANC nie daartoe in staat is om hierdie munisipaliteit te regeer nie.”
Só sê Manie Pretorius, VF Plus-raadslid in die Matjhabeng- plaaslike munisipaliteit, na aanleiding van Dinsdagaand (31/01) se raadsvergadering om die OG-verslag te bespreek.
Die munisipaliteit wat onder leiding van ANC-burgemeester, Thanduxolo Khalipha, Allanridge, Hennenman, Odendaalsrus, Ventersburg, Virginia en Welkom bedien, het ’n tekort aan R1 miljard vir die vorige boekjaar gehad. Sy laste oorskry sy bates van R8,4 miljard.
Ondanks Khalipha se beloftes van beter finansiële bestuur het die munisipaliteit R307 miljoen se onreëlmatige uitgawes aangegaan.
Benewens R323 miljoen se waterverliese, weens hoofsaaklik verswakte waterinfrastruktuur, skuld die munisipaliteit ook onderskeidelik R4,8 miljard en en R4,7 miljard aan Bloemwater en Eskom.
Die munisipaliteit het R307 miljoen se onreëlmatige uitgawes aangegaan.