Een van die doelwitte van die nuwe hoof van die Hoërskool Riebeeckstad is om sy skool met ‘n 100%-matriekslaagsyfer te sien.
Johan Wehl kom na Riebeeckstad van Klerksdorp se Cocekani- Tegniese Hoërskool, en sien baie uit na sy nuwe skoolfamilie en uitdagings hier in die Goudveld.
Hy het sy onderwyskwalifikasies in 1998 aan die Potchefstroom-onderwyskollege voltooi en het in 1999 sy onderwysloopbaan aan die Hoërskool Merenski begin.
In 2001 is hy na die Klerksdorp- Tegniese Hoërskool, tot 2008. Hy het in 2009 sy tyd aan die Vaalreefs- Tegniese Hoërskool begin.
In 2013 is hy tot departementshoof aan Cocekani bevorder, en in 2016 is hy tot die pos van adjunkhoof by dieselfde skool bevorder.
Hy het twee leuses waarvolgens hy die rigting van sy lewe stuur.
Die eerste een is “niks werk as jy dit nie self laat werk nie,” en die tweede: “Die lewe is vol van geleenthede, maar hulle het vervaldatums. Jy self moet hard werk om die geleenthede te laat werk.”
Wehl is getroud met Erika en hulle het vier kinders: Johan (20), Jayden (16), Jandré (10) en Aavah (8).