Die Amari-skool vir leerders met spesiale onderwysbehoeftes spog met ‘n nuwe hoof met ‘n groot visie vir dié unieke skool in die hart van die Goudveld.
Gerhard Erwee is sedert 2002 in die onderwys en het ‘n loopbaan van meer as 20 jaar opgebou, altyd met kinders se welstand eerste in gedagte.
Erwee het in die Goudveld grootgeword en bring sterk gemeenskapswaardes na sy werk.
Voor sy aanstelling by Amari was hy vir agt jaar die hoof van die Laerskool Hennenman en het hy skoolbestuur, personeelontwikkeling en leerderondersteuning bestuur.

Hy het ook vyf jaar in Engeland onderrig gegee, wat hom blootgestel het aan verskillende onderwyspraktyke en leerderbehoeftes.
Erwee is getroud met Elanie, wat ook
‘n onderwyser is, en hulle het twee dogters.
Hy glo dat elke kind verdien om gesien, ondersteun en aangemoedig te word, en hy sien daarna uit om by Amari saam met personeel, ouers en die gemeenskap te werk om ‘n positiewe, veilige en inklusiewe omgewing vir elke leerder hier te bou.






You must be logged in to post a comment.