Pastoor Anna-Marie en André van Rensburg is herderspaar van die Volle Evangelie Kerk van God, Harmonie.
Pastoor Anna-Marie en André van Rensburg is herderspaar van die Volle Evangelie Kerk van God, Harmonie.

Pastoor Anna-Marie en André van Rensburg is die nuwe herderspaar van die Volle Evangelie Kerk van God, Harmonie.

Die gemeente het die Van Rensburg-egpaar die afgelope naweek van 30 Augustus verwelkom.

Dié oud-Bloemfonteiners is van kindsbeen af lidmate van die kerk, en baie opgewonde om die visie van Harmonie-gemeente te leef. Hulle woon al vier jaar lank in die Goudveld.

Harmonie se visie is: In harmonie met God, my medemens en myself – in liefde.

Pastoor Anna-Marie en André van Rensburg is herderspaar van die Volle Evangelie Kerk van God, Harmonie.
Pastoor Anna-Marie en André van Rensburg is herderspaar van die Volle Evangelie Kerk van God, Harmonie.

“Ons sien uit na mooi en goeie tye en is opgewonde om waarde toe te voeg in die Koninkryk van God en die gemeenskap,” sê Anna-Marie.

“Diegene wat wil kom inloer, is baie welkom,” nooi sy.

Vir meer inligting, skakel 082 829 0900 of 072 687 6653.

Die kerk se adres is Windsorstraat 10, Harmonie, Virginia.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article