Nóg ‘n kitsbank loop deur

Die provinsiale eenheid teen georganiseerde misdaad het ’n soektog begin na vyf mans wat daarvan verdink word dat hulle ’n kitsbank in Ruben Mogosistraat, Nyakallong, opgeblaas het.


Die provinsiale eenheid teen georganiseerde misdaad het ’n soektog begin na vyf mans wat daarvan verdink word dat hulle ’n kitsbank in Ruben Mogosistraat, Nyakallong, opgeblaas het.

Woensdag (24/08) het inwoners wat naby woon ’n ontploffing gehoor en ongeveer vyf onbekende mans van die toneel sien weghardloop.

Die voorkant van die kitsbank is grootliks beskadig, maar die kluis was nog ongeskonde en geen geld is gevat nie. Die vlek-middel binne in die kitsbank is geaktiveer.

Die Welkom-plofstofeenheid is na die toneel ontbied en het die oorblyfsels van rooi en wit drade wat in ’n elektriese ontsteker gebruik word is op die toneel gevind.

’n Saak van die veroorsaak van ’n ontploffing is vir verdere ondersoek geregistreer.

Mense met inligting wat tot die inhegtenisneming van die verdagtes sal lei, moet Speur. Sers. Sene Monyake van provinsiale georganiseerde misdaadeenheid by 076-934-9293, of die polisie se noodnommer 08600 10111.
Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.