Net een brandweerwa vir Matjhabeng

Matjhabeng het net een brandweerwa, en dit is nie volledig operasioneel, om brande te bestry indie ses dorpe en hul townships, die aangrensende plakkerskampe, of selfs die informele nedersettings in die 5?155?km² waarin die 36 wyke van Matjhabeng Plaaslike Munisipaliteit val.


Welkom se brandweerstasie is in n vervall toestand

Welkom se brandweerstasie is in n vervall toestand

Matjhabeng het net een brandweerwa en dit is nie volledig operasioneel om brande te bestry in die ses dorpe, die aangrensende plakkerskampe, of selfs die informele nedersettings in die 5 155 km² waarin die 36 wyke van die Matjhabeng Plaaslike Munisipaliteit val nie.

Tydens ‘n oorsigbesoek Saterdag (16/07) het raadslede Igor Scheurkogel en Abby Schoeman vasgestel dat daar net een brandweerwa is, maar dit is nie in ‘n volle werkende toestand nie. 

“Ons het ook gesien dat die brandweer nie gespesialiseerde toerusting soos die kake van die lewe het om tydens motorongelukke te help nie,” sê Scheurkogel.

Die hele Matjhabeng-munisipaliteit met sy meer as 406 000 inwoners is uitsluitlik op Welkom se brandweerstasie aangewese wanneer daar ‘n brandnoodgeval is.

“Die Matjhabeng-brandweer kan net klein brande met die watertenkwaens blus of hulle kan werkende waterkleppe, indien daar is, naby die brand gebruik,” sê hy.

Nog ‘n groot probleem is dat ‘n brand in een van die plakkersgebiede groot probleme sal veroorsaak omdat nie een van hierdie gebiede lopende water het nie, ook nie ‘n brandkraan nie.

Tydens die besoek was die telefone in die beheerkamer in werking, maar tydens verskeie elektrisiteitsonderbrekings in die verlede was die telefone nie in werking nie.

Al ses dorpe in Matjhabeng het ‘n brandweer, maar dié is nie toegerus met die nodige vragmotors of ander toerusting om brande te blus of tydens padongelukke diens te doen nie.

Die dorpe is almal uitsluitlik op Welkom aangewese, met sy een voertuig om hulle by te staan, en Welkom sal geen inwoner kan help as daar groot noodgevalle op verskillende plekke is nie, sê Scheurkogel.

“Ons is baie bekommerd oor die veiligheid van die Matjhabeng-inwoners en sal die owerhede nader om dringend aan hierdie saak aandag te gee. Die DA in Matjhabeng sal ook versoek dat die Vrystaatse provinsiale regering dringend ingryp.”

•          Khojane Matutle, Matjhabeng-woordvoerder, sê hulle het die herstel van die verouderde vloot, wat geneig is tot onklaarraking, geprioritiseer. Daar is drie brandweerwaens en vier skit-eenhede, waarvan slegs een eenheid in werking is. Die munisipaliteit het vir ‘n bykomende brandweerwa teen ‘n koste van R2,9 miljoen betaal. Hulle wag vir ‘n leentrok, terwyl die nuwe een gebou word.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.