Ses rugbyspelers van die Orion-vaardigheidskool is gekies vir die Griffon-span wat aan die Cravenweek vir leerlinge met spesiale onderwysbehoeftes (LSOB) deelgeneem het. Dié toernooi is vanjaar van 23 tot 27 Junie in die Griffon-stadion in Welkom gehou. Van links is Tlotlisang Kgabale, William Taaibos, Johannes Tladi, Pharrel van Rooyen, Stiaan van der Merwe en James Matthysen.