Nasionale veldfietsRen laat adrenalien pomp op Phakisa

Alle tweewiele lei Saterdag (18 Februarie) na die Phakisa motocross-renbaan, waar ongeveer 130 motocross-ryers van regoor Suid-Afrika, Botswana, Namibie, Zambië, Uganda en Zimbabwe mekaar die stryd gaan aansê in die Suid-Afrikaanse nasionale kampioen


Alle tweewiele lei Saterdag (18 Februarie) na die Phakisa motocross-renbaan, waar ongeveer 130 motocross-ryers van regoor Suid-Afrika, Botswana, Namibie, Zambië, Uganda en Zimbabwe mekaar die stryd gaan aansê in die Suid-Afrikaanse nasionale kampioenskappe.

Dit is die eerste been van Motorsport Suid-Afrika se nasionale reeks en daar gaan taai kompetisie tussen die ryers wees om die eerste punte na ‘n lang seisoen agter hul naam te kry.

Die beste room van Suid-Afrika se veldrenkampioene gaan hier in aksie wees.

Welkom se eie Blade Tilley is in die 85cc-klas te sien en met ’n voordeel van tuisbaan-wedren, word daar baie van hom verwag.

Nog ’n Ander jong ryer in die 85cc-klas, Ronald Craven van Kimberley, ook in die 85cc klas,is beslis ook iemand om fyn dop te hou.

Goudvelders moet nie dié groot sportgeleentheid misloop nie. Met volle televisiedekking van die byeenkoms wat later uitgesaai word op verskeie sportkanale, is dit ’n veer in die hoed van die klub om so ’n groot byeenkoms na die Goudveld te bring.

David Tilley, voorsitter van die klub, sê die renbaan is in ’n uitstekende toestand met skoon badkamers, lekker kos deur die Rotariërs, verskeie uitstallers en kommentaar. “Ons doelwit is om die klub te bemark en ons plaaslike sakelui, gastehuise en restaurante ’n ekonomiese inspuiting te gee.

“Phakisa se baan is verlede jaar as die tweede beste baan in die land ingestem deur ryers. Kom ondersteun die sport en geniet ’n dag saam met familie en kinders,” sê Tilley.

Oefenrondtes begin om 08:00 en die wedrenne om 10:00. Toegang is R80 vir volwassenes, maar gratis vir en kinders 12 jaar en jonger is gratis. Kaartjies kan vooraf aanlyn aanlyn gekoop word by Quicket. Volg https://qkt.io/msamx.

Vir meer inligting, kontak David op 083-273-9152.

– Chrystelle Erasmus.

You need to be Logged In to leave a comment.