’n Belangrike inligtingsvergadering oor die pad vorentoe vir die Khoisan-gemeenskappe in Suid-Afrika word op 5 en 6 Desember in Kimberley in die Noord-Kaap gehou. ’n Afvaardiging verteenwoordigend van die drie Khoisan-huise in die Goudveld is, van links, hoofman Andries Mattheus (Adam KokV Royal-huis), hoofvrou Maria Kok (Adam KokV Royal-huis), koningin Wilhemina Taaibosch (Korana-huis) en chief Gert Visagie (Adam KokV Royal-huis). Afwesig is chief George April (Kraalshoek Griekwa-huis) en chief Ivan van der Ross (Adam KokV Royal-huis). Dié afvaardiging sal saam met ander Goudvelders die Kimberley-vergadering bywoon. Lees meer op bl. 4.Foto: Marti Will