N1 by Ventersburg oop

Die gemeenskap van Mmahabane by Ventersburg het ná vier weke van droë krane uiteindelik weer water gekry, maar die naburige Ventersburg se krane is steeds droog.


Die gemeenskap van Mmahabane by Ventersburg het ná vier weke van droë krane uiteindelik weer water gekry, maar die naburige Ventersburg se krane is steeds droog.

Die N1 tussen Ventersburg en Mmahabane is nou oop vir verkeer en daar was nog geen verdere voorvalle van geweld nie.

Dié pad is Maandagoggend (26/09) gesluit nadat geweldadige betogings oor die watersituasie uitgebreek het en die ontstoke gemeenskap motors en die polisie met klippe bestook het.

Maxi Badenhorst, ’n inwoner van Ventersburg was die hele oggend by Steers by die ingang na Ventersburg vasgevang. Sy kon eers ná 12:00 deur die agterdeur ontsnap nadat iemand ongesiens vir haar haar voertuig weggetrek het.

Sers. Pieter Kareli, skakelbeampte van die polisie in die Vrystaat, sê die situasie is nou onder beheer, maar die polisie hou die situasie hier dop.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.