Die N1 by Ventersburg is Maandagoggend gesluit nadat geweldadige betogings buite Ventersburg uitgebreek het en die ontstoke gemeenskap motors en die polisie met klippe bestook het. Die ontevrendheid is omdat dele van Ventersburg al vir vier weke sonder water is.
Die polisie se eenheid vir openbare orde en nog eenhede het teen 09:30 die situasie onder beheer gebring, maar die pad bly gesluit.
Maxi Badenhorst, ‘n inwoner van Ventersburg was die hele oggend by Steers by die ingang na Ventersburg vasgevang. Sy kon eers na 12:00 deur die agterdeur ontsnap nadat iemand ongesiens vir haar haar voertuig wegegetrek het.
Die polise doen ‘n beroep op motoriste om alternatiewe roetes van Bloemfontein via die tolhek by Brandfort te neem en by die N1 by Kroonstad aan te sluit en van Kroonstad via Welkom en dan by Bloemfontein by die N1 aan te sluit.
AO Loraine Earl het in ‘n verklaring die geweldpleging bevestig en gevra motoriste moet versigtig wees.