Esmarelda van Zyl, netbalhoof.

Eric Kruger, rugbyhoof.
Groot opwinding heers onder rugby- en netbalspeler

Groot opwinding heers onder rugby- en netbalspelers in die aanloop tot die 24ste Vista-Odensia-aandreeks. Die wedstryde word op 9, 10, 11, 12 en 16 Maart by die Laerskool Odensia in Odendaalsrus aangebied. Dit beteken vyf dae se opwinding vir die streek en sy kinders.
Groot opwinding heers onder rugby- en netbalspeler

Groot opwinding heers onder rugby- en netbalspelers in die aanloop tot die 24ste Vista-Odensia-aandreeks. Die wedstryde word op 9, 10, 11, 12 en 16 Maart by die Laerskool Odensia in Odendaalsrus aangebied. Dit beteken vyf dae se opwinding vir die streek en sy kinders.

Boodskap van

Piet Odendaal, skoolhoof.

die skoolhoof, Piet Odendaal:

Dit is weer tyd vir die jaarlikse Vista-Odensia-aand­reeks.

Dit beteken vyf dae se opwinding vir ons streek se kinders. Ons sien uit na rugby en netbal wat kook.

Vanjaar is dit die 24ste keer dat die Vista-Odensia-aandreeks aangebied word, en ons sien baie uit daarna om al die spelers, afrigters, skoolhoofde, ouers, borge en die ondersteuners uit die Goudveld­gemeenskap by Odensia te ontvang.

Ons gaan dit weer so opwindend as moontlik vir die deelnemers maak sodat dit ’n geleentheid gaan wees wat elkeen kan koester.

Tydens die Vista-Odensia-aandreeks word gespeel vir trofeë, maar daar word eerstens gespeel om aktief deel te neem en om rugby en netbal te geniet. Die wen van ’n trofee is ’n voorreg wat die wenspan met vreugde en nederigheid kan geniet ná harde werk.

Gee net jul beste. Dankie aan al die afrigters wat tyd en moeite insit om kinders af te rig. Jul insette maak ’n groot verskil in die kinders se lewe.

Ons nooi die ouers en die gemeenskap uit om die laerskoolrugby en -netbal te geniet, asook die feestelike atmosfeer en al die heerlike eetgoed by die stalletjies.

My opregte dank aan al die borge wat die aanbieding van die Vista-Odensia-aandreeks moontlik maak. Die Laerskool Odensia is geseënd om so baie ondersteuning uit Odendaalsrus en Welkom te ontvang.

Die borge maak dit moontlik dat ons die Vista-Odensia-aandreeks kan aanbied. Ons is gereed vir as die watertoevoer onderbreek word, en vir wanneer daar beurtkrag is, want daar is borge wat omgee.

Ons is baie dankbaar vir al die ondersteuning.

My opregte dank aan die personeel, beheerliggaam, ouervereniging, ouers en leerlinge van Odensia vir jul bydrae om die aandreeks moontlik te maak.

Dankie aan netbal­organiseerder Esmarelda van Zyl en rugby­organiseerder Eric Krugervir jul bydrae tot die organisering van die toernooi.

My sincere thanks to all the schools participating. Good luck to each team as well.

Use the opportunity to prepare for the season ahead.

The most important thing, however, is to enjoy every moment and to realise your talent to its fullest potential.

Ons sien uit om almal hier by die 24ste Vista-Odensia-aandreeks te ontvang. Kom geniet dit saam met ons hier by Odensia.

You need to be Logged In to leave a comment.