Volgens die Wet op Munisipale Stelsels moet munisipaliteite alle redelike en nodige stappe binne die raamwerk van nasionale en provinsiale behuisingswetgewing en -beleid neem, om te verseker dat die inwoners toegang het tot voldoende behuising op ’n progressiewe basis.
Dít moet geskied op grond wat bevorderlik vir gesondheid en veiligheid is en dat dienste ten opsigte van water, sanitasie, elektrisiteit, paaie, stormwaterdreinering en toegang tot vervoer op ’n ekonomies doeltreffende wyse verskaf word.
“Daarbenewens is munisipaliteite onder hierdie afdelings veronderstel om grond vir behuisingsontwikkeling te identifiseer en aan te wys vir hul gestelde behuisingslewerings doelwitte ten opsigte van hul jurisdiksiegebied deur ’n openbare omgewing te skep en in stand te hou.
“Dít moet bevorderlik wees vir behuisingsontwikkeling, wat finansieel en sosiaal lewensvatbaar is, en moet ook gebeur deur die bevordering van die oplossing van konflikte wat in die behuisingsontwikkelingsproses ontstaan. Hulle moet planne om toepaslike behuisingsontwikkeling in sy jurisdiksiegebied te koördineer, inisieer en fasiliteer, en moontlik maak. In eenvoudige terme, beplan en bestuur grondgebruik,” sê David Mc Kay, DA en departement van samewerkende regering (Cogta)-woordvoerder in die Vrystaatse Wetgewer.
Opposisiepartye meen die ANC-bestuurde plaaslike munisipaliteite in die Vrystaat het gekies om menswaardigheid en integriteit vir ’n kontantkoei te verruil. Daar word beweer dat menslike nedersettings ’n middel tot ’n doel geword het vir die ANC om stemme en kontant gelyktydig te genereer.
In plaas daarvan om behuising te verskaf wat aan die standaarde van menswaardigheid voldoen en bevorderlik is vir die gesondheid en veiligheid van die inwoners met behoorlike gehalte basiese dienste, word ’n kortpad van grondgrype bevorder.
As die regerende party die miljarde se toelaes wat die Nasionale Tesourie aan munisipaliteite verskaf voldoende en volhoubaar gebruik, sou baie van die behuisingskwessies in die Vrystaat iets van die verlede wees. In plaas daarvan sit ons met die volgende:
- ??? 4 350 toestemming-om-te-okkupeer-ooreenkomste (PTO’s) in Qwa-Qwa wat so ver terug as 2007 dateer wat steeds nie oorhandig is nie;
- ??? informele nedersettings wat oor die hele Vrystaat versprei is met min of geen basiese dienste, soos Gatvol, Dinaweng en Phomolong; en
- ??? Onwettige grondgrype, soos in die geval van Lourier Park, Mangaung en Peach Farm, Ficksburg.
Hierdie optrede om onwettige grondgrype met nedersettings te beloon, ondermyn die wettige prosedure en stel ’n voorrang van skelmgedrag.
Daar is groot agterstande van inwoners wat al dekades lank geduldig wag vir grond en vele meer in gevestigde informele nedersettings wat steeds geen toegang tot basiese dienste het nie. Hulle moet eers geakkommodeer word, voor diegene wat die tou gespring het, meen die DA.