Motorsport het sedert Januarie derduisende rande vir die Goudveld gegenereer, met honderdduisende mense van oor Suid-Afrika en naburige lande heen wat na die Phakisa-renbaan gestroom het.
Die eerste byeenkoms was op 21 Januarie, toe die Track Daze-byeenkoms hier oor twee dae op die teerbaan aangebied is.
Motorfietsryers van KwaZulu-Natal en Gauteng het deelgeneem, waar instrukteurs oor die twee dae een-tot-een-opleiding verskaf het.
Op 28 Januarie is die eerste byeenkoms van die CSRA (klassieke motofietse) op Phakisa gehou.
Dit is een van die grootste teerbaan-wedrenne in Suid-Afrika.
Agt ryers van Skotland en Ierland het deelgeneem.
Op 4 Februarie is die eerste ronde van die Noordelike veldfietsrenne op die baan aangebied.
Meer as 120 motorfietsryers deelgeneem.
Dieselfde dag op die teerbaan by Phakisa is die GT Supercap-motorwedrenne gehou en deelnemers van so ver soos KwaZulu-Natal het hier meegeding.
’n Bekende motormaatskappy in Suid-Afrika toets gereeld nuwe modelle en veiligheidsaspekte van voertuie by Phakisa.