Dit is hoe die sakdoek of servette in die handvatsel gedstop word

SAPD

Motoriste word gewaarsku om versigtig te wees vir ’n nuwe slenter waar kriminele opgevoude sakdoeke of servette in motordeure se handvatsels instop.

Die polisie in Lejweleputswa rig die waarskuwing en sê dat die servet met gif bedek is en die persoon wat daarmee in aanraking kom, dadelik gevoelloos en onsamehangend sal voel.

Dit word na bewering gebruik as ’n nuwe manier om slagoffers te ontvoer, te verkrag en om voertuie te steel.

“As jy so ’n sakdoek of servet op jou voertuig vind, moenie daaraan raak nie. Soek ’n voorwerp of ’n stok om dit af te druk, en maak die handvatsel skoon voordat jy die voertuig se deur oopmaak. Maak seker dat jy jou naaste polisiekantoor van die insident in kennis stel,” sê kapt. Stephen Thakeng, woordvoerder van die Lejweleputswa-polisie.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Untitled post 265989
    Vista E-edition 10 July 2025