Motorfietsryers toets hul vernuf by Phakisa

Die Phakisa Motocross-klub bied hierdie naweek ronde vier van die MSA Vrystaat Streekskampioenskap aan.

Lourius Erasmus in die veteraneklas

Lourius Erasmus in die veteraneklas
Casey Tilley

Casey Tilley

Die Phakisa Motocross-klub bied hierdie naweek ronde vier van die MSA Vrystaat Streekskampioenskap aan.

Saterdag (23/07) vind ‘n eerste vir Suid-Afrikaanse motocross net hier in die Goudveld plaas in die vorm van ‘n elektriese “holeshot”-kompetisie met groot pryse.

In motocross sal jy dikwels hoor hoe belangrik die “holeshot” is. Sommige motocross-kenners sê dat om die  “holeshot” die grootste sleutel is wanneer dit kom by die wen van die wedren. Ander gaan selfs verder om te sê dat jy met die  “holeshot” ’n 90%-kans het om die wedloop te wen.

Die “holeshot” is ‘n term wat gebruik word om die eerste renjaer te beskryf of te verwys wat deur die toppunt van die eerste draai kom. Om die “holeshot” te kry, gee die ruiter ‘n groot mededingende voordeel en ‘n mate van beheer in die wedren. In die meeste gevalle wen die ruiter wat die “holeshot” kry ook die wedren.

Die hekke val om 08:00 en ryers van oraloor sal na verwagting kom meeding.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.