Motor weer op die spel

Vanjaar kan een ondersteuner van Engo se Projek van Hoop ‘n splinternuwe Renault Kwid Climber wen. Engo Vrystaat se jaarlikse projek is op Vrydag 25 April op Bloemskou bekend gestel. […]

Op die bekendstelling van Engo Vrystaat se Projek van Hoop op Bloemskou Vrydag is van links Thabo Mokoena (handelaarshoof van Renault en Isuzu Bloemfontein), Elmarie Prinsloo (uitvoerende hoof van Bloemskou), Anché de Bruin (verkoopskonsultant van BloemNuus by Novus Media Gemeenskapsnuus), ds. Jannie Smith (voorsitter van die Engo-raad) en De Wet Claassens (uitvoerende hoof van Engo). Foto: Lientjie Mentz

Vanjaar kan een ondersteuner van Engo se Projek van Hoop ‘n splinternuwe Renault Kwid Climber wen. Engo Vrystaat se jaarlikse projek is op Vrydag 25 April op Bloemskou bekend gestel.

De Wet Claassens, uitvoerende hoof van Engo Vrystaat, sê die projek is daarop gemik om geld in te samel vir behoeftige gemeenskappe oor die Vrystaat heen, terwyl deelnemers ook ‘n kans staan om ‘n Renault Kwid Climber van R222 000 te wen.

Vanjaar is Renault Bloemfontein, Novus Media Gemeenskapsnuus (waarvan die gemeenskapskoerante BloemNuus, BloemExpress,

VrystaatKroon en Vista publikasies is), asook Evolve Audit and Advisory, die borge van die projek.

Vir slegs R50 kan enigeen ‘n kaartjie koop en ‘n kans staan om die Renault Kwid Climber te wen.

Engo is ‘n niewinsgewende organisasie gegrond op Christelike waardes van moed, uitnemendheid, eerlikheid, integriteit, sorg en empatie, en skep reeds langer as ‘n eeu Ewige Hoop, “Tshepo Esafeleng” in die Vrystaat.

Elkeen wat Engo se Projek van Hoop ondersteun, help dié organisasie om te sorg vir kinders, bejaardes, gesinne, mense met gestremdhede en pasiënte in nood oor die Vrystaat heen.

“Elke R50-kaartjie wat verkoop word, gee jou nie net ‘n kans om in ‘n Renault Kwid Climber weg te ry nie, maar help ons ook om ons hande uit te steek na dié wat dit die nodigste het,” sê Claassens.

“Dit is ‘n wen-wen-geleentheid – ‘n geleentheid om jou lewe te

verander terwyl jy ander s’n verbeter.”

Kaartjies is op engo.co.za beskikbaar. Besoek die tuisblad en klik op die skakel na die aanlyn winkel om ‘n R50-kaartjie te koop.

Kaartjies is ook beskikbaar by Engo se programme oral oor

die Vrystaat heen, asook op

Bloemskou in die Daisy-saal, en oral waar die Renault Kwid

Climber by ‘n Engo-stalletjie by winkelsentrums, feeste en markte vertoon word.

Die sluitingsdatum is 30 September, en die wenners word op

31 Oktober aangekondig.

Vir meer besonderhede, of om betrokke te raak, stuur e-pos na info@engo.co.za of skakel 060 548 5543.

You need to be Logged In to leave a comment.