Danie Correia en sy ma, Ralie (83), by die gerestoureerde 1939-Chevrolet wat by die jaarlikse George-oumotorskou uitgestal word. Foto: Verskaf

’n Statige 83 jaar oue kolos het die meer as 1 000 km na die Wes-Kaap aangepak.

Dié 1939-Chevrolet is ten volle gerestoureer ter ere van Elize Correia, wat ses maande gelede aan kanker oorlede is. Sy was Danie Correia, bekende motor-geesdriftige van Welkom, se vrou.

“Ek het die kar gebou om met die seer te help,” sê Correia.

“Wat dit nog meer spesiaal maak, is dat my ma, Ralie, saam met die Chev 83 jaar vier.”

Correia, voorsitter van die Welkom Old Auto-klub, het Woensdag (09/02) die pad na George aangepak vir die jaarlikse George-oumotorskou.

  • Die Old Auto-klub bied op 1 Oktober weer die Welkom Cars in the Park-geleentheid aan. Meer inligting hieroor sal later bekend gemaak word.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Untitled post 265989
    Vista E-edition 10 July 2025