Abby van Rhyn, kaptein van die Goudveld-Hoërskool se eerste meisieshokkiespan:

Aan my spanmaats, afrigters en ondersteuners: Ons het beslis ’n moeilike paar maande agter die rug, maar dit het ons net sterker gemaak.

Hou vas aan jou spanmaats, want dit is hulle wat jou deur moeilike tye dra. Speel vir die wapen op jou bors, vir die spelers aan jou sy.

Draf met trots uit, en weet die hele skool staan agter jou. Gaan voluit en geniet elke oomblik! Jy weet nooit wanneer dit die laaste keer is nie.

Bloed, sweet en trane het ons gebring waar ons vandag is, en deur die hele proses het die Here ons nooit verlaat nie. Hy gaan beslis nie nou nie! Lig jou ken en ken jou lig.

Ek back julle vir nou en vir altyd!

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Untitled post 265989
    Vista E-edition 10 July 2025