Cleantha Koetzee tydens die New York Fashion Week.

Foto: Verskaf

Cleantha Koetzee, ’n model van Upington, was in Februarie in New York waar sy modelwerk tydens die New York Fashion Week (NYFW) gedoen het.

Die 16-jarige skoonheid is reeds vir agt jaar ’n model by die Dawrette Heyns Model-akademie en is ’n leerling aan die Hoërskool Carlton van Heerden in Upington.

In Oktober 2023 het sy tydens ’n Show Your Talent-kompetisie kwalifiseer om in 2024 in New York te gaan deelneem. Hiertydens het sy verskeie titels, medaljes en trofeë gewen, en is sy gekies om by die NYFW in 2025 modelwerk te doen wat as ’n lewensveranderende ervaring beskou word.

Die NYFW is een van die grootste geleenthede in die modebedryf en word twee maal per jaar – in Februarie en September – aangebied. Hiertydens wys ontwerpers van oor die wêreld heen hul nuutste versamelings en dit word deur modelle, bekendes en mode-geesdriftiges van oor die wêreld heen bygewoon.

Modelle vir die NYFW is deur Show your Talent en Runway Model Events gekies, en Cleantha was een van hulle, sê Heyns. Sy vertel dat die NYFW ’n uitstekende platform is om vars talent te ontdek, en dat hierdie geleentheid deure vir modelle oopmaak.

You need to be Logged In to leave a comment.